Sersant van Spesiale Reserwemag vas vir veediefstal

‘n Sersant van die Namibiese polisie se Spesiale Reserwemag sal vandag in die hof op Ondangwa verskyn na hy aangekla is van veediefstal. Volgens die mag het ‘n bokwagter gesien hoe vier van sy trop bokke by die Omuthiya-polisiestasie se erf instap. Net drie het uitgekom en na verdere ondersoek het hy bloedkolle in die erf gevind. Die eienaar van die bokke is ontbied en die karkas is in die 48-jarige sersant se kamer gevind.