Toename in honde-brusellose in SA

Hondetelers in Suid-Afrika word gewaarsku oor ‘n toename in honde-brusellose. Volgens Kurt de Cramer, ‘n veearts by die Rant-en-Dal-dierehospitaal in Krugersdorp, Gauteng, is honde-brusellose ‘n siekte wat tussen spesies oordraagbaar is en wat veroorsaak word deur bakterieë wat die vrugbaarheid kan bedreig van honde wat in Suid-Afrika geteel word. De Cramer sê besmette diere moet […]

Read More

DA: Gordhan en De Ruyter moet sê oor Eskom se energieplan 

Die DA doen ‘n beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, om voor die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings te verskyn oor die agteruitgang in Eskom se energieplan. Die party se woordvoerder, Ghaleb Cachalia, vra die komitee om in te tree en die uitvoerende gesag […]

Read More

Groot Aub-inwoners eis krag

Inwoners van Groot Aub in die Windhoekse landelike gebied het ‘n betoging gehou wat vir elektrisiteitsdienste in sommige dele van die nedersetting eis. Die inwoners, wat nou al vyf jaar lank die installering van elektrisiteit versoek, sê hulle wil krag direk vanaf NamPower gekoppel hê, en nie deur die Stad Windhoek met sy hoë heffings […]

Read More

Soektog na liggaam van seun in Kavangorivier is afgelas

Die soektog na die liggaam van ‘n 15-jarige seun wat Dinsdag by Sinzo-goro-nedersetting glo deur ‘n seekoei in die Kavangorivier aangeval is, sal vandag gestaak word. Kavango-Wes-polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê die soektogpogings was tevergeefs aangesien die liggaam van Frans Ngongo nog nie gevind is nie. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê […]

Read More

SA het weer ‘n donker naweek weens beurtkrag

Eskom sê hoewel beurtkrag Donderdag opgeskort is, is daar ‘n moontlikheid van fase 2-beurtkrag vandag nou vanaf vier-uur tot middernag. Eskom sê beurtkrag kan ook oor die naweek oor die aand-piektye ingestel word. Die woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê daar is ‘n tekort aan opwekkingsvermoë weens foute en vertragings om sommige opwekkingseenhede weer in diens te […]

Read More

Blitsbokspan vir LA Sewes aangewys

Rugby: Die Springbok-sewesgroep sal bo-aan die puntelys, twee punte voor Australië, afskop in die laaste Wêreldrugby-sewestoernooi van die seisoen. Blitsbok-afrigter, Neil Powell, het sy span vir die Los Angeles Sewes volgende naweek aangewys, sonder Selvyn Davids, Ronald Brown, Christie Grobbelaar en Mfundo Ndhlovo. Al hierdie spelers het ‘n groot rol gespeel in die span wat […]

Read More

DA vra dringende oplossing vir bek-en-klouseer

Die DA het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, versoek om ‘n veelparty-platform byeen te roep om ‘n oplossing te vind vir die verspreiding van bek-en-klouseer. Die party sê dit is ‘n saak van dringendheid. Die DA-lid, Noko Masipa, sê Suid-Afrika sukkel tans met 116 uitbrekings in ses van sy nege […]

Read More

Oshana-streek hou kwesbaarheids-opname

Die kantoor van die hoofstreeks-beampte van die Oshana-streek sal in samewerking met die kantoor van die eerste minister ‘n kwesbaarheids-opname in kiesafdelings in dié Noorde-streek doen. Die opname sal vandag begin en tot 14 September duur. Lede van die kiesafdelings word ingelig dat hulle die Oshana-streeksraad-personeellede aan hul reflektiewe baadjies en naamplaatjies tydens die proses […]

Read More

Novanam, Lalalandi beëindig staking

Novanam, die Lalandi-maatskappy en die Namibiese Seeman- en Geallieerde Werkersunie het ooreengekom om die byna een maand lange staking op Lüderitz en Walvisbaai te beëindig. Werkers het drie weke gelede begin staak nadat die partye ’n dooiepunt bereik het oor salarisonderhandelinge. Volgens die ooreenkoms sal permanente en tydelike werkers wat op grond gebaseer is ‘n […]

Read More

 Daar is geen aappokke-entstof in SA

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê daar is op die oomblik geen aappokke-entstof wat in Suid-Afrika geregistreer is nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die virus onlangs tot openbare noodtoestand verklaar nadat 35 000 gevalle in 92 lande aangemeld is. ‘n Vyfde geval van aappokke is in die land aangeteken. Volgens Phaahla is massa-inentings nie nodig nie, […]

Read More