DA vra dringende oplossing vir bek-en-klouseer

Die DA het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, versoek om ‘n veelparty-platform byeen te roep om ‘n oplossing te vind vir die verspreiding van bek-en-klouseer. Die party sê dit is ‘n saak van dringendheid. Die DA-lid, Noko Masipa, sê Suid-Afrika sukkel tans met 116 uitbrekings in ses van sy nege provinsies en byna al hierdie provinsies het reeds meer as een uitbreking gehad.