Oshana-streek hou kwesbaarheids-opname

Die kantoor van die hoofstreeks-beampte van die Oshana-streek sal in samewerking met die kantoor van die eerste minister ‘n kwesbaarheids-opname in kiesafdelings in dié Noorde-streek doen. Die opname sal vandag begin en tot 14 September duur. Lede van die kiesafdelings word ingelig dat hulle die Oshana-streeksraad-personeellede aan hul reflektiewe baadjies en naamplaatjies tydens die proses van die opname kan identifiseer. Die Oshana-streekraad se skakelbeampte, Elly Ashikoto, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die doelwit van die opname is.