DA: Gordhan en De Ruyter moet sê oor Eskom se energieplan 

Die DA doen ‘n beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, om voor die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings te verskyn oor die agteruitgang in Eskom se energieplan. Die party se woordvoerder, Ghaleb Cachalia, vra die komitee om in te tree en die uitvoerende gesag tot verantwoording te roep en om President Cyril Ramaphosa se energie-reaksieplan weer op koers te bring. Cachalia voeg by die regering sleep sy voete met die maatreëls wat geneem is om die kragvoorsiener se bedryfsprestasie te verbeter.