NamibRe-direkteur lei Afrika Versekeringsorganisasie 

Namibië is gereed om die stuur van die Afrika Versekeringsorganisasie, AIO, te neem met die aanstelling van Patty Karuaihe-Martin, besturende direkteur van die Namibië Nasionale Herversekeringskorporasie, of NamibRe, as die inkomende president. Karuaihe-Martin gaan amptelik die leisels oorneem tydens die organisasie se konferensie wat vir 1 tot 5 Junie in Windhoek beplan word. Sy sê die konferensie dien as ‘n platform vir kennisuitruiling, kapasiteitsbou, netwerkvorming en beleidsvoorspraak binne die Afrika-versekeringsektor. Dit spreek ontluikende neigings en uitdagings aan, met vanjaar se tema wat fokus op “Die hantering van stygende natuurrampe in Afrika.” Die Afrika-versekeringsorganisasie is ‘n nie-regeringsentiteit wat in 1972 gestig is en deur alle Afrika-lande erken word.