Toename in honde-brusellose in SA

Hondetelers in Suid-Afrika word gewaarsku oor ‘n toename in honde-brusellose. Volgens Kurt de Cramer, ‘n veearts by die Rant-en-Dal-dierehospitaal in Krugersdorp, Gauteng, is honde-brusellose ‘n siekte wat tussen spesies oordraagbaar is en wat veroorsaak word deur bakterieë wat die vrugbaarheid kan bedreig van honde wat in Suid-Afrika geteel word. De Cramer sê besmette diere moet van kant gemaak word of minstens gesteriliseer word en weggehou word van ander honde af. Honde-brusellose kan lei tot aborsies in ‘n laat stadium en onvrugbaarheid.