SA het weer ‘n donker naweek weens beurtkrag

Eskom sê hoewel beurtkrag Donderdag opgeskort is, is daar ‘n moontlikheid van fase 2-beurtkrag vandag nou vanaf vier-uur tot middernag. Eskom sê beurtkrag kan ook oor die naweek oor die aand-piektye ingestel word. Die woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê daar is ‘n tekort aan opwekkingsvermoë weens foute en vertragings om sommige opwekkingseenhede weer in diens te stel.