Grensriviere vloei effe laer

Die land se grensriviere vloei al hoe laer, volgens die nuutste verslag deur die Namibiese Hidrologiese Diens. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het ‘n watervlak van 1,42m aangeteken, wat baie laer is as die 4,24m wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu het effens gestyg van 5,52m tot 5,53m. Dit is ook laer as die 6,08m wat verlede jaar hierdie tyd gemeet is. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 244,4 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede-Oranjerivier is effe hoër as ‘n week gelede, op onderskeidelik 69cm en 66cm.