Soektog na liggaam van seun in Kavangorivier is afgelas

Die soektog na die liggaam van ‘n 15-jarige seun wat Dinsdag by Sinzo-goro-nedersetting glo deur ‘n seekoei in die Kavangorivier aangeval is, sal vandag gestaak word. Kavango-Wes-polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê die soektogpogings was tevergeefs aangesien die liggaam van Frans Ngongo nog nie gevind is nie. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê dit is hartseer om te verneem van die ongelukkige voorval wat die lewe van die seun geëis het.