Groot Aub-inwoners eis krag

Inwoners van Groot Aub in die Windhoekse landelike gebied het ‘n betoging gehou wat vir elektrisiteitsdienste in sommige dele van die nedersetting eis. Die inwoners, wat nou al vyf jaar lank die installering van elektrisiteit versoek, sê hulle wil krag direk vanaf NamPower gekoppel hê, en nie deur die Stad Windhoek met sy hoë heffings nie.