Droogtehulp kom slenter agter, sal nooit selfoonbetalings vra nie

Dit het onder die aandag van die Namibië Boere Droogtehulp gekom dat daar individue is wat die organisasie se naam gebruik om geld te steel. Die individu beweer dat hy van die organisasie is en vra mense om geld via selfoonbetalings te skenk. Die nommer wat gebruik word behoort nie aan die organisasie nie. Henriette […]

Read More

SABA-kanaal binnekort op die kassie

Die Suider-Afrikaanse Uitsaai-vereniging, SABA, se president en direkteur-generaal van die Namibiese Uitsaaikorporasie, Stanley Similo, het gesê die SABA TV-kanaal is gereed om binne die volgende drie maande bekend gestel te word. Volgens Similo is die idee van SABA TV om ‘n kanaal te hê wat alle soorte plaaslike inhoud van al die nasionale uitsaaiers binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap […]

Read More

Vingegaard sê sy oorwinning is ongelooflik

Jonas Vingegaard het die Tour de France vir die eerste keer gewen en die eerste Deense fietsryer sedert Bjarne Riis in 1996 geword wat die wêreld se grootste fietswedren opraap. Hy het die verdedigende kampioen van Slowenië, Tadej Pogacar, met twee-minute-en-43-sekondes geklop ná ‘n uitmergelende toer van drie weke. Brittanje se voormalige wenner, Geraint Thomas, […]

Read More

Charlotte Maxeke: Covid kry die skuld vir agterstand in operasies

Die Gautengse Departement van Gesondheid sê die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg, Gauteng, stel ʼn reeks maatreëls in om die lang wagtye vir chirurgie te verminder. Daar is tans 2 677 pasiënte wat wag vir chirurgie in verskeie gesondheidskategorieë, in die hospitaal. Die woordvoerder vir die departement, Motalatale Modiba, sê die redes vir die agterstand sluit […]

Read More

Lynministerie het geen begroting ontvang vir behuising nie

Die Namibiese ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het volgens die Tender Bulletin geen begroting vir enige konstruksie ontvang nie. Dit is die tweede opeenvolgende jaar en die finansminister Ipumbu Shiimi het geen verduideliking gegee nie. Sonder enige konstruksie-begroting kan die ministerie nie aan plaaslike owerhede en streeksrade enige fondse toeken vir die konstruksie van behuising nie. Die ministerie […]

Read More

Bosbou-direkteur gesels oor uitkoms van Kigali-konferensie

Die Namibiese omgewingsministerie het die Wêreld-bewaringsorganisasie se eerste Afrika Beskermde en Bewaringsgebiede Kongres in Kigali, Rwanda, bygewoon. Meer as 2 400 deelnemers van 53 Afrika- en 27 ander lande het die kongres bygewoon wat deur die regering van Rwanda, die Wêreld-bewaringsorganisasie en die African Wildlife Foundation aangebied is. Die tema was “Vir Mense en Natuur”. […]

Read More

Mariposa-brand in Kalifornië steeds nie onder beheer nie

Kalifornië se brandweerdepartement sê hulle kon nie daarin slaag om die veldbrand naby die Yosemite en Sierra nasionale parke onder beheer te bring nie. Die brand wat Vrydag begin het, het reeds 6 314 hektaar en tien strukture verwoes, en meer as 6 000 mense moes ontruim word. Saterdag is ‘n noodtoestand in die Mariposa-distrik afgekondig. Amptenare waarsku dat droogte, […]

Read More

Springbok-vroue stel nie teleur nie

Die afrigter van die Springbok-vrouespan, Stanley Raubenheimer, sê hy is tevrede met die spelers se poging gister in Iwate waar Japan hulle met 15-6 geklop het. Dit was die eerste van twee toetswedstryde in die Japanse Rugby-uitdaagreeks. Die reeks vorm deel van die span se voorbereiding vir die Wêreldbeker wat in Oktober in Nieu-Seeland begin. […]

Read More

Afrika die minste verwantwoordelik vir klimaatskrisis, betaal die duurste

‘n Ugandese aktivis, Vanessa Nakate, sê die klimaatskrisis het baie lande in Afrika op ‘n punt gebring waar hulle nie meer kan aanpas nie. Die vasteland is verantwoordelik vir minder as 4 persent van die koolstofvrystelling in die wêreld. ‘n Studie deur CARE International het bevind tien van die humanitêre krisisse van verlede jaar waaroor […]

Read More

Nampol ondersoek verkragtingsaak, 14-jarige is swanger

Die Namibiese polisie in die Ohangwena-streek ondersoek ‘n saak waarin ‘n 19-jarige man na bewering ‘n 14-jarige meisie by die Onekwaya-nedersetting verkrag het. Volgens die mag se weeklikse misdaadverslag het die voorval na bewering reeds in Februarie plaasgevind. Die slagoffer is volgens berigte net minder as ses maande swanger. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en […]

Read More