“Giftige” boeke uit Franse biblioteek verwyder

Vier boeke is uit Frankryk se nasionale biblioteek verwyder omdat hulle omslae dalk giftig kan wees. Die boeke, almal met groen omslae, is in die 19de eeu in Britanje gedruk, toe arseen algemeen gebruik is om kleur by die drukwerk te voeg. Navorsers van die Universiteit van Delaware het die boeke wat van die rakke gehaal is, as moontlik gevaarlik beskryf. Die BBC haal die biblioteek aan wat sê die boeke kan slegs geringe skade aanrig deur hantering.