Weggegooide baba-meisie in duine gevind

Die Walvisbaai-polisie het ‘n vreemde baba-storting aangemeld. ‘n Baba-dogtertjie van sowat 18 maande oud is vanoggend net na 7-uur 200m van die pad tussen die hawedorp en Swakopmund in die duine deur ‘n verbygaande man gevind. Sy was warm aangetrek en goed toegedraai in ‘n kombers, met drie doeke daarby. Daar is tekens op die toneel dat twee verskillende mense die baba daar kon gelaat het en dat hulle teruggekeer het na Kuisebmond buite Walvisbaai. Die baba is ongedeerd maar sonder enige dokumente. Sy is na ‘n veilige plek geneem en maatskaplike werkers is in kennis gestel. Die polisie vra enigiemand met inligting wat die baba se ouers of die verdagtes kan identifiseer, om hulle dadelik te verwittig.