Walmart koop laaste belange in Massmart 

Die Amerikaanse kleinhandelreus Walmart het vandag ‘n ooreenkoms met Massmart onderteken om die laaste 47 persent-belang in die Suid-Afrikaanse kleinhandelaar aan te koop. Massmart het Maandag gesê sy meerderheidseienaar Walmart het hom 6,4 miljard Suid-Afrikaanse rand aangebied om die oorblywende aandele te koop en die maatskappy van die Johannesburgse aandelebeurs te denoteer. Die aanbod sal Walmart in staat stel om koste te besnoei, meer kapitaal te belê, en Massmart te laat herleef na verliese […]

Read More

Suez-kanaal was weer geblokkeer, maar probleem is opgelos

Sleepbote het laat Woensdag sukses gehad om ‘n olietenkskip wat kortstondig in Egipte se Suez-kanaal gestrand was, weer op dreef te kry. Die vaartuig van 252 meter, Affinity V, het die suidelike gedeelte van die kanaal versper terwyl hy suidwaarts saam met ‘n konvooi skepe geseil het. Die voorval het plaasgevind in dieselfde enkelbaan deel van die kanaal waar ‘n reuse-vragskip, die Ever Given, in Maart […]

Read More

Serena speel môre in die derde ronde van die Amerikaanse Ope

Die veertigjarige plaaslike speler, Serena Williams, speel môre teen die Australiër, Ajla Tomljanovic, in die derde ronde van die Amerikaanse Ope. Die Amerikaner, wat vroeër aangekondig het die toernooi sal haar swanesang wees, het die wêreld nommer twee, Anett Kontaveit van Estland, in die tweede ronde op ‘n stampvol Arthur Ashe-stadion in New York uitgeskakel. […]

Read More

Tshwane sê Eskom is misleidend oor sy afbetalingsplan

Die Stad Tshwane sê hy is teleurgesteld in Eskom wat te kenne gee dat hy die betalingsplan verwerp het wat die metro by die kragvoorsiener ingedien het. Dit sou uiteindelik daartoe gelei het dat die volle uitstaande bedrag van 1,17 miljard Suid-Afrikaanse rand binne 29 dae na die sperdatum vereffen word. Tshwane sê hy is […]

Read More

SA se vervoerverbod op bees verder verleng

Die verlenging van die verbod op die vervoer van bees in Suid-Afrika, raak Namibië ook. Die Suid-Afrikaanse landbou-departement het die verbod op vervoer van beeste verder verleng in ‘n poging om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Elf nuwe gevalle van die siekte is in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Vrystaat aangemeld. Die plaaslike landbou-navorser Wallie […]

Read More

SA-staatsamptenare vergader oor regering se salarisaanbod

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare sê hy sal met sy lede beraadslaag oor die regering se hersiene salarisaanbod van drie persent. Vakbonde het 21 dae tyd om die hersiene en finale aanbod te aanvaar of te verwerp. Die vakbonde wat meer as 1,3 miljoen staatsamptenare verteenwoordig, eis ‘n verhoging van 6,5 persent. Die vereniging sê alhoewel die basiese aanbod […]

Read More

23% van Engelse families is enkel-ouer-huishoudings

Dit is nie net plaaslik wat enkel-ouer families uitdagings het nie. Die kommissaris van kinders in Engeland Rachel de Souza sê 23 persent van die families in Engeland het net een ouer, wat baie hoër is as die 13 persent wat in die EU voorkom. Verder word 44 persent van kinders wat vanaf 2000 gebore is, […]

Read More

WGO verklaar hoogste ramptoestand in Pakistan

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die oorstromings in Pakistan as ‘n graad drie-noodsituasie geklassifiseer, wat die hoogste vlak is. Die hewige moesson het reeds meer as ‘n 1 000 lewens geëis. Sowat 888 gesondheidsfasiliteite is beskadig wat miljoene mense sonder toegang tot gesondheidsdienste en mediese behandeling laat. Die WGO het 172 miljoen Namibiese dollar uit sy noodfonds beskikbaar gestel […]

Read More

Mediese uittog in SA duur onverpoosd voort

Daar is toenemende kommer omdat die Suid-Afrikaanse mediese gemeenskap steeds ‘n uittog van verpleegkundiges en dokters ervaar. Die verpleegorganisasie, Denosa, sê hulle het navrae vanaf mediese personeel ontvang oor die prosesse wat vereis word wanneer aansoek gedoen word om in die buiteland te werk. Die vakbond se woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, pleit by die regering om […]

Read More

Korporatiewe skuld stoot kredietverlening op

Die privaatsektor se kredietverlening het met 4 persent in Julie vanjaar gegroei, teenoor 3,4, persent wat in Junie aangeteken is. Huishoudings het 2,1 persent van die groei, teen 2 persent in Junie, verteenwoordig  met korporatiewe skuld wat met 6,5 persent gestyg het, teenoor 5,3 persent wat in Junie gemeet is. Volgens Simonis Storm in die […]

Read More