VSA stel nog 1,8m aappok-entstowwe beskikbaar

Amerika gaan sy voorraad entstof teen aappokke ‘n hupstoot gee deur ‘n bykomende 1,8 miljoen dosisse van Bavarian Nordic se Jynneos-entstof beskikbaar te stel. In Amerika is meer as 13 500 aappokke-gevalle in 49 deelstate aangemeld, wat meer as ‘n derde van die wêreld se 39 000 gevalle verteenwoordig. Die sentrum vir siektebeheer en -voorkoming […]

Read More

Ikoniese Probst herdenk sy 65ste verjaardag

Die gewilde en ikoniese Probst Bakkery op Walvisbaai herdenk môre sy 65ste bestaansjaar. Talle aktiwiteite sal aangebied word om hierdie mylpaal te vier. In Augustus 1957 het die Willi Probst Bakkery en Restaurant vir die eerste keer sy deure oopgemaak en die vierde generasie van die Probst-familie is steeds aan stuur. Bestuurder Marko van Vuuren […]

Read More

Repokoers: Nog 100 basispunt-verhoging voor einde ’22

Ekonome verwag nog ‘n rentekoers verhoging van 100 basispunte, of 1 persent, voor die einde van die jaar. Die repokoers moet of dieselfde wees, of hoër wees as inflasie. Volgens Theo Klein van Simonis Storm is die vooruitsigte tussen 3 en 6 persent in Suid-Afrika en dus sal die sentrale bank rentekoerse bly verhoog om die […]

Read More

Hangala sê nasionale redery moet op die been gebring word

Die voorsitter van die raad van die Namibiese Lughawensmaatskappy, dr. Leake Hangala, sê daar moet ‘n manier gevind word om ‘n nasionale redery te laat herleef. Hangala, wat by die Namibiese Lugvaart- en Konnektiwiteitsforum gepraat het, sê so ‘n redery moet finansieel lewensvatbaar en operasioneel doeltreffend wees en bydra tot binnelandse en streekskompetisie. Hy sê toe Air Namibia verloor is, het dit gelei tot die verlies van binnelandse […]

Read More

Grense is gesluit, maar plaaslike produksie is duur? Akkerbouraad verduidelik

AgriSA in die buurland het die ANC regering gevra om tussenbeide te tree in verband met die verbod op invoere van verskeie groentes na Namibië en Botswana. Die verbod sluit tamaties, wortels, beet, aartappels, kool en waatlemoen in. Intussen styg pryse plaaslik ook en verbruikers kla. Een spesifieke klagte van ‘n plaaslike koper is dat […]

Read More

Waar’s Christine Mboma?

Namibiërs wonder wanneer hulle weer vir naelloper Christine Mboma in aksie sal sien. Mboma het op die ouderdom van 18 ‘n silwer medalje in die 200 meter by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio verower, die eerste Namibiese vrou ooit wat ‘n Olimpiese medalje vir vroue gewen het. Sy het die wêreldrekord vir onder 20-vroue […]

Read More

DA verskerp sy pogings om Cele te verwyder

Die DA het sy pogings verskerp om die buurland se polisieminister, Bheki Cele, uit sy amp te verwyder. Die party se skaduminister, Andrew Whitfield, het lede by Grondwetheuwel in Johannesburg toegespreek oor die bekendstelling van ‘n nuwe veldtog-hulpmiddel in die vorm van ‘n advertensiebord. Whitfield sê die advertensiebord sal ‘n “uitlokkende” boodskap uitbeeld en help […]

Read More

Groenwaterstof: Wat’s volgende vir Namibië

Die eerste Namibiese Groenwaterstof-konferensie wat oor twee dae plaasgevind het, is in die hoofstad afgesluit. Die konferensie, waarin kundiges en belanghebbendes in die ruimte vir hernubare energie byeen gekom het om geleenthede in hierdie sektor te verken, word beskryf as ‘n reuse-sukses. ‘n Lid van die organisering-span, Cons Karamata, sê hulle is tevrede met die […]

Read More

Zuma se dogter op lys van Julie-aanhitsers, verwag arrestasie

Oudpresident Jacob Zuma se dogter verwag om binnekort in sogenaamde Hollywood-styl in hegtenis geneem te word nadat sy as ʼn moontlike aanstigter van die onluste van Julie verlede jaar vermeld is. Volgens Duduzile Zuma-Sambudla sal sy waarskynlik ook borgtog geweier word. Die polisie het verlede week bekendgemaak sy word ondersoek nadat sy mense bedank het […]

Read More

Zaporizhzhia: Enige aanval daar is selfmoord

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres is in Lviv in die Oekraïne saam met presidente Reccep Erdogan van Turkye en Volodymyr Zelensky van die Oekraïne, om die kwessie van die kernaanleg Zaporizhzhia te bespreek. Daar is oor en weer aanvalle by die aanleg wat onder Russiese beheer is. Daar is kommer oor ‘n […]

Read More