Blitsbokspan vir LA Sewes aangewys

Rugby: Die Springbok-sewesgroep sal bo-aan die puntelys, twee punte voor Australië, afskop in die laaste Wêreldrugby-sewestoernooi van die seisoen. Blitsbok-afrigter, Neil Powell, het sy span vir die Los Angeles Sewes volgende naweek aangewys, sonder Selvyn Davids, Ronald Brown, Christie Grobbelaar en Mfundo Ndhlovo. Al hierdie spelers het ‘n groot rol gespeel in die span wat goue medaljes verower het tydens die Statebondspele verlede maand. Hulle het egter beserings opgedoen in Birmingham, en word vervang deur Branco du Preez, Darren Adonis, Ryan Oosthuizen en Shilton van Wyk.