Ministerie waarsku teen vals, opruiende klankboodskappe

Die ministerie van verdediging en veterane-aangeleenthede waarsku dat onlangse radioboodskappe en klankboodskappe wat gesirkuleer word oor ‘n komende registrasie van die kinders van die bevrydingstryd, vals is. Die registrasie sal volgens die boodskappe van 1 Mei tot 31 in alle dorpe plaasvind, sodat die kinders van die bevrydingstryd toegang tot veterane se voordele kan kry. Die ministerie het die bron van die boodskappe probeer vasstel, maar kon nie daarin slaag nie. Hy het dus tot die gevolgtrekking gekom dat die boodskappe “deur gewetenlose elemente versprei word om die emosies van die kinders van die bevrydingstryd op te rui, om oproer te veroorsaak wat tot geweld kan lei”. Daar bestaan nie so ‘n registrasie nie en die ministerie waarsku dat die publiek inligting rakende veterane en die kinders van die bevrydingstryd altyd by die Veterane Sake-streekkantore moet bevestig.