Daar is geen aappokke-entstof in SA

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê daar is op die oomblik geen aappokke-entstof wat in Suid-Afrika geregistreer is nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die virus onlangs tot openbare noodtoestand verklaar nadat 35 000 gevalle in 92 lande aangemeld is. ‘n Vyfde geval van aappokke is in die land aangeteken. Volgens Phaahla is massa-inentings nie nodig nie, maar die regering hou die toestand fyn dop.