NWR was sy hande oor Etosha se swak paaie

Toeriste en gidse in die bedryf kla oor die stand van Etosha se paaie. Op sosiale media netwerke sê sommige dat hulle daadwerklike skade aan bande en uitlaatstelsels opgedoen het. Die woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, Nelson Ashipala was sy hande van die kwessie en sê die beheer van die nasionale park se paaie berus […]

Read More

Amerikaanse dollar sal nog lank sterk bly

Die Amerikaanse dollar bly versterk en die rand en Namibiese dollar verhandel rondom 18,16 teen die Amerikaanse geldeenheid. Gepaard met die huidige hoër olieprys, is dit nie goeie nuus vir verbruikers nie. En, as die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt reg is oor die redes hiervoor, wil dit voorkom asof dit nog ‘n geruime tyd […]

Read More

Ondersoekbeampte sê hoe Tamson sy ‘invloed’ moes bewys

Die ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig op die oomblik in die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi. Hy sit op die oomblik Hatuikulipi, wat medebeskuldigde Bernhardt Esau se skoonseun is, se vermeende rol in die bedrogspul uiteen. Kanyangela sê Hatuikulipi moes blykbaar eers sy invloed bewys. Hy sê verder hoe Esau, as minister, […]

Read More

Wêreldvoedseldag op 16 Okt., 1,5m Namibiërs is honger

Namibië se 16de Wêreldvoedseldag-herdenking sal vanjaar in die Oshana-streek gehou word met verskeie rolspelers, insluitend die VN en die Duitse hulporganisasie die GIZ. Die dag word gehou onder die tema ‘Los niemand agter nie. Beter produksie, beter voeding, ‘n beter omgewing en ‘n beter lewe vir almal’. Wêreldvoedseldag word elke jaar op 16 Oktober gevier om die stigting van FAO in 1945 […]

Read More

Almal wag vir Solly Duiker, minister ook

Die chaos met die Cosassa-spele bly in die nuus. Die span Namibiese skoolkinders het in Potchefstroom opgedaag terwyl die spele op Richardsbaai gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met die minister, Agnes Tjongarero gepraat oor wat volgende is. Sy sê sy wag vir die Namibiese Skolesport-unie se nasionale koördineerder Solly Duiker om in die land […]

Read More

Kommer oor puttoilette en siggestremde leerders

Puttoilette is nie net plaaslik ‘n uitdaging nie. Die onderwysdepartement van Mpumalanga sê hy is bekommerd dat meer as 200 siggestremde en dowe leerders puttoilette gebruik. Dit volg ná ‘n onlangse konsepverslag deur die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys, nadat ‘n toesigbesoek aan skole in die provinsie gedoen is. Die provinsiale departement se woordvoerder, Jasper Zwane, sê van die 1 600 […]

Read More

Onwettige mynbedrywighede onder die loep

Onwettige mynbedrywighede vind veral in die Erongo-streek plaas en ‘n mynwerker is Sondag by ‘n klein litiummyn in die streek dood na ‘n ongeluk. Daar is talle ontginningsprojekte wat nie amptelik geregistreer is nie. Die ministerie van myne en energie sê hoewel hy bewus is dat mense poog om ‘n lewe te maak, kan dit […]

Read More

Bamm Pos naby Khorixas brand

Daar is weer ‘n veldbrand bevestig, die een by Bamm Pos tussen Khorixas en Fransfontein. Volgens wat berig word, is daar tans niemand op die toneel nie. Daar is kommer omdat die gras in die gebied baie lank is. Daar was Sondag oor berigte van ‘n brand in die gebied maar, dit was blykbaar geblus. […]

Read More

Indiese owerhede ondersoek ook Gambiese hoesstroop

Indiese owerhede ondersoek hoesstroop wat deur ‘n farmaseutiese maatskappy in daardie land vervaardig word nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit kan verantwoordelik wees vir die dood van 66 kinders in Gambië. Die WGO het ‘n waarskuwing uitgereik wat waarsku dat vier hoes- en verkouemiddels wat deur Maiden Pharmaceuticals in die noorde van Haryana-staat vervaardig word, akute nierbeserings kan veroorsaak. Laboratoriumtoetse het onaanvaarbare […]

Read More

Proteas se reeks teen Indië word môre beklink

Môre se derde en laaste eendagwedstryd sal die reeks tussen Suid-Afrika en Indië beslis nadat die gashere gister se tweede kragmeting gewen het. Die Proteas het 278 vir sewe aangeteken, met Aiden Markram wat 79 bygedra het en Reeza Hendricks 74. Indië het geantwoord met 282 vir drie vir ‘n oorwinning met sewe paaltjies. Shreyas […]

Read More