Bamm Pos naby Khorixas brand

Daar is weer ‘n veldbrand bevestig, die een by Bamm Pos tussen Khorixas en Fransfontein. Volgens wat berig word, is daar tans niemand op die toneel nie. Daar is kommer omdat die gras in die gebied baie lank is. Daar was Sondag oor berigte van ‘n brand in die gebied maar, dit was blykbaar geblus. Beeldmateriaal op sosiale media toon dat die vuur weer vroeg vanoggend vlag gevat het.