Zweli verwelkom ondersteuning van ANC-takke

Die voormalige minister van Gesondheid in die buurland, Zweli Mkhize, sê die vertroue wat die ANC-takke in hom stel, laat hom nederig voel. Hy ding mee vir die top-posisie in die party in die aanloop tot die 55ste verkiesingskonferensie in Desember. Mkhize het in ‘n Twitter-boodskap gesê hy is beskikbaar om die beweging te dien […]

Read More

André Schwartz het motorneuronsiekte

Die geliefde en bekende André Schwartz is gediagnoseer met motorneuronsiekte. Die siekte, waaraan Joost van der Westhuizen ook gely het, vernietig motor neurone, die senuweeselle wat die spiere beheer vir noodsaaklike aktiwiteite soos praat, loop, asemhaal en sluk. Hy het die diagnose gekry terwyl hy as Captain von Trapp in die gewilde musiekblyspel, The Sound […]

Read More

Dienslewering op Opuwo: Niemand wil daar bly nie, sê oud-goewerneur

‘n Voormalige goewerneur van die Kunene-streek het gereageer op statistieke wat in verband met dienslewering op Opuwo bekend gestel is. Daar is byvoorbeeld een dokter wat moet aandag gee aan 3 656 pasiënte. Hierdie inligting is verkry uit die First Capital Economic Profile van Opuwo. Oud-goewerneur Dudu Murorua sê dis nie net dokters wat nie […]

Read More

Onvoldoende vordering in geslagsgelykheid in parlemente – Nosiviwe

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die wêreld se parlemente het onvoldoende vordering gemaak in die verbetering van vroue-verteenwoordiging in onlangse jare. Mapisa-Nqakula was die hoofspreker by die twee-dae-lange spitsberaad van Speakers van G20-lande in Jakarta, Indonesië. Mapisa-Nqakula sê daar lê nog ‘n lang pad voor om geslagsgelykheid oor […]

Read More

‘Sabotasie’ lê Duitse treindiens lam

Kabels wat noodsaaklik is vir die spoornetwerk in Duitsland is opsetlik op twee plekke gesny, wat ‘n byna drie uur lange stilstand veroorsaak het vir alle spoorverkeer in die noorde van die land. Owerhede beskryf dit as ‘n daad van sabotasie. Die federale polisie ondersoek die voorval. Die ontwrigting het kommer in Navo-lande laat onstaan […]

Read More

Uiteindelik word hoogste boom in Amasone bereik

‘n Span navorsers het die hoogste boom in die Amasone-reënwoud bereik, ná drie jaar, vier mislukte pogings en ‘n tog van 250 kilometer in die bestek van twee weke. Die boom, met die wetenskaplike naam, Dinizia excelsa, is 88,5 meter hoog – so hoog soos ‘n 25-verdieping gebou, en is tussen 400  en 600 jaar […]

Read More

Plaaslike hoenderprodusente het verskeie uitdagings

‘n Namibiese landbou-ekonoom het gereageer op die ongeveer 3 000 ton hoender wat elke maand in Namibië verbruik word, volgens die landbouminister Calle Schlettwein. Hy sê uit die 3 000 ton wat per maand verbruik word, verskaf die plaaslike bedryf sowat 1 800 ton. Die oorblywende 1 200 ton word ingevoer. ‘n Landbou-ekonoom van die […]

Read More

Maleisiese stroper uitgelewer na VSA

‘n Vermeende Maleisiese wildsmokkelaar is aan die Verenigde State uitgelewer op aanklagte dat hy deel was van ‘n komplot om meer as 70 kilogram renosterhoring te smokkel. Die Amerikaanse Departement van Justisie sê in ‘n verklaring die waarde van die renosterhoring is meer as 13,5 miljoen Namibiese dollar. Die verdagte, Teo Boon Ching, is in […]

Read More

Skotland is weer sneeuvry

Skotland is vir die vierde keer in die laaste ses jaar heeltemal sneeu-vry. Daar word berig die Sphinx, in Cairngorms, waar in die verlede die sneeubedekking die langste in die VK gehou het, het gesmelt. Dit is die vierde keer die afgelope ses jaar dat die sneeu verdwyn, en dit het die afgelope 300 jaar […]

Read More

Nadal word vir die eerste keer pa

Vreugdevolle nuus uit Mallorca is dat die Spaanse tennisster, Rafael Nadal en sy vrou Mery Perello, die ouers van ‘n babaseun geword het. Rafa en Xisca, soos sy meer geliefd bekendstaan, het hulle eerste kind gister in Palma de Mallorca verwelkom. Die egpaar is al sedert hulle tienerjare bymekaar en het drie jaar gelede in […]

Read More