Ondersoekbeampte sê hoe Tamson sy ‘invloed’ moes bewys

Die ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig op die oomblik in die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi. Hy sit op die oomblik Hatuikulipi, wat medebeskuldigde Bernhardt Esau se skoonseun is, se vermeende rol in die bedrogspul uiteen. Kanyangela sê Hatuikulipi moes blykbaar eers sy invloed bewys.

Hy sê verder hoe Esau, as minister, gepoog het om toegang tot visvangkwotas te bekom.