Kommer oor puttoilette en siggestremde leerders

Puttoilette is nie net plaaslik ‘n uitdaging nie. Die onderwysdepartement van Mpumalanga sê hy is bekommerd dat meer as 200 siggestremde en dowe leerders puttoilette gebruik. Dit volg ná ‘n onlangse konsepverslag deur die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys, nadat ‘n toesigbesoek aan skole in die provinsie gedoen is. Die provinsiale departement se woordvoerder, Jasper Zwane, sê van die 1 600 skole in die provinsie, gebruik 36 skole steeds puttoilette: