Amerikaanse dollar sal nog lank sterk bly

Die Amerikaanse dollar bly versterk en die rand en Namibiese dollar verhandel rondom 18,16 teen die Amerikaanse geldeenheid. Gepaard met die huidige hoër olieprys, is dit nie goeie nuus vir verbruikers nie. En, as die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt reg is oor die redes hiervoor, wil dit voorkom asof dit nog ‘n geruime tyd sal duur.