Almal wag vir Solly Duiker, minister ook

Die chaos met die Cosassa-spele bly in die nuus. Die span Namibiese skoolkinders het in Potchefstroom opgedaag terwyl die spele op Richardsbaai gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met die minister, Agnes Tjongarero gepraat oor wat volgende is. Sy sê sy wag vir die Namibiese Skolesport-unie se nasionale koördineerder Solly Duiker om in die land aan te kom.

 Duiker antwoord sedert Vrydag geen oproepe nie en skakel ook nie terug nie. Die mislukte uitstappie het die ministerie 1,4 miljoen Namibiese dollar gekos.