Musk sou saak verloor het, daarom Twitter ommekeer

Die verhandeling van Twitter-aandele is gister gestaak te midde van berigte dat die miljardêr, Elon Musk, voorgestel het hy gaan voort met sy aanbod om die maatskappy teen 955 Namibiese dollar 70 sent per aandeel te koop. Dit volg ná ‘n maande lange geveg tussen Musk en Twitter terwyl die miljardêr beweer het die werklike getal bots op die sosiale netwerk is baie meer as […]

Read More

Amper helfte kan die graad vang nie – nie internskap gekry nie

Twaalf uit 30 Namibiese universiteitstudente gaan nie gradueer nie aangesien hulle nie hul internskap gedoen het nie, wat een van die vereistes is van talle tersiêre kursusse. Om ‘n intern te wees is ‘n waardevolle manier om werklike ervaring buite die klaskamer op te doen. Internskappe stel maatskappye in staat om in hul eie toekomstige sukses te belê en […]

Read More

Amnestie-maand eindig, GOAN sê dis nie doeltreffend bedryf nie

September is deur die Namibiese veiligheidsministerie as Wapen-amnestiemaand aangekondig. Die minister Albert Kawana het aan die begin van September ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om onwettige en ongewenste vuurwapens, ammunisie en wapentuig by polisiestasies landwyd in te gee sonder enige vrees vir vervolging. Die minister het nog nie enige syfers bekend gemaak […]

Read More

Amushelelo, Nauyoma weer in die hof vandag

Die twee omstrede aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, wat saam met ses ander aangekla word in verband met betogings in Mei by China Town in Windhoek, se saak kom weer vandag in die Katutura-landdroshof voor. Die saak is tot vandag toe uitgestel deur landdros David Mukuyu vir die besluit deur die aanklaer-generaal. Dit volg ná hul regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, aansoek gedoen het om die […]

Read More

Opul vergader, gaan produksie verlaag

Internasionale nuusagentskappe berig dat Opul en sy vennote vandag groot besnoeiings aan produksie sal maak. Die organisasie vergader vandag. Daar word berig dat die organisasie reageer op die daling in die ru-olieprys wat met amper 5 persent in die afgelope 30 dae gedaal het en met 22 persent oor die afgelope 90 dae. Die daling word toegeskryf […]

Read More

Omstrede Rwanda-plan bly, sê Britse minister

Die Verenigde Koninkryk se minister van binnelandse sake, Suella Braverman, sê sy hou by die omstrede Rwanda-beleid en sê hulle kan nie asielsoekers toelaat om die stelsel te misbruik nie. Brittanje en Rwanda het in April vanjaar ‘n migrasie- en ekonomiese ontwikkelingsvennootskap van 120 miljoen Britse pond gesluit. Dit laat die Britse regering toe om […]

Read More

Internet: Daar was onderbrekings in die .na-domein

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, se Nasionale Sekuriteit- en Kubervoorvalle-reaksiespan waarsku dat daar ‘n skerp toename in kuber-aanvalle op netwerke is. Die Namibiese inligtingsministerie het bevestig dat Namibië onderbrekings in die punt-na-domein ervaar. Alle domeine wat met punt.na eindig, is geraak, hetsy private of openbare domeine. Namibië is  voortdurend onder aanval van kuberkrakers […]

Read More

Eie sakeondernemings bly uiters belangrik vir Namibië

Talle Namibiërs wil hul eie werk skep deur óf klein en medium ondernemings óf volskaalse besighede te begin, maar in die nasleep van die ekonomiese insinking sal baie aspirant-sakemanne en -vroue eerder iewers in diens geneem wil word en hul besighede op ‘n deeltydse basis bestuur, ‘n praktyk waarmee Danny Meyer van SMEs Compete nie […]

Read More

Geweld by SA se skole moet staak, meen Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê voorvalle van geweld, mishandeling en afknouery by skole in die buurland wek groot kommer. Ramaphosa sê voorvalle van rassisme is ontstellend en toon daar is steeds weerstand onder sommige mense teen dit wat die demokratiese regering bereik het:

Read More

Ecclestone se bedrogsaak kom volgende jaar voor

Die voormalige uitvoerende hoof van Formule Een, Bernie Ecclestone, sal oor ‘n jaar vir bedrog verhoor word. Die 91-jarige Engelsman staan tereg op ‘n aanklag van bedrog deur wanvoorstelling, omdat hy na bewering versuim het om buitelandse bates ter waarde van meer as 8 miljard Namibiese dollar te verklaar. Ecclestone is in Julie aangekla nadat […]

Read More