Proteas se reeks teen Indië word môre beklink

Môre se derde en laaste eendagwedstryd sal die reeks tussen Suid-Afrika en Indië beslis nadat die gashere gister se tweede kragmeting gewen het. Die Proteas het 278 vir sewe aangeteken, met Aiden Markram wat 79 bygedra het en Reeza Hendricks 74. Indië het geantwoord met 282 vir drie vir ‘n oorwinning met sewe paaltjies. Shreyas Iyer het ‘n onoorwonne 113 van 111 balle gemoker en ‘n derdepaaltjie-vennootskap van 161 lopies gedeel met Ishan Kishan, wat 93 aangeteken het. Markram is egter tevrede met die Proteas se kolfwerk: