Onwettige mynbedrywighede onder die loep

Onwettige mynbedrywighede vind veral in die Erongo-streek plaas en ‘n mynwerker is Sondag by ‘n klein litiummyn in die streek dood na ‘n ongeluk. Daar is talle ontginningsprojekte wat nie amptelik geregistreer is nie. Die ministerie van myne en energie sê hoewel hy bewus is dat mense poog om ‘n lewe te maak, kan dit nie toegelaat word nie. Andreas Simon, woordvoerder by die ministerie sê hulle werk onverpoos om die uitdaging op te los.

Simon vra die publiek om nie net onwettige bedrywighede aan te meld nie maar ook enige beserings.