SA Harvest vier 30 miljoen maaltye

SA Harvest het die mylpaal bereik om binne drie jaar 30 miljoen maaltye te verskaf. Die uitvoerende hoof en stigter, Alan Browde, sê die organisasie is daartoe verbind om hongersnood in Suid-Afrika te beëindig deur middel van deurlopende voedselredding en hongerverligtings-oplossings van verskeie voedselverskaffingskettings. Dit sluit landbou en vervaardiging in. Browde sê organisasies wat binne […]

Read More

Eagles het goeie kans vir oorwinning môre – oud-speler

Die Richelieu Eagles het internasionaal ‘n opskudding gemaak deur Sondag die kampioene van die Asië-beker, Sri Lanka, te klop in die openingswedstryd van die T20 Wêreldbeker in Australië. Die span speel môreoggend om ses-uur teen Nederland en volgens die bekende oud-kolwer Gavin Murgatroyd, staan die span ‘n goeie kans om weer te wen.

Read More

So kan jy ons boere bystaan

Droogtehulp Namibië is besig met die tweede fase van sy ondersteuning aan boere wat deur die reuse veldbrande in die Suide, beide rondom Karasburg en Stampriet, geteister is. Veral voer, en toerusting om infrastruktuur te vervang, is nodig. Rene Botes van die organisasie koördineer die pogings. En so kan korporatiewe Namibië en lede van die […]

Read More

Nov-brandstofprys – dinge lyk nie goed nie

Voorspellings vir die brandstofprys in Suid-Afrika toon dat daar ‘n groot styging volgende maand vir die buurland kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Robert McGregor van Cirrus gesels oor wat vir ons volgende maand voorlê. Dit blyk nie om goeie nuus te wees nie.

Read More

Swapo se verkiesingskoors: Dis normaal vir opposisie om stil te wees

Die Namibiese algemene en presidensiële verkiesing van 2024 sal na verwagting een van die belangrikste en omstrede verkiesings van die afgelope jare wees. Politieke partye, veral opposisie-partye, is egter steeds tjoepstil oor wie hul kandidate is. Sommige het laat deurskemer dat hulle hul kandidate in November vanjaar sal aankondig. Politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, sê […]

Read More

Voedselonsekerheid neem plaaslik, internasionaal toe

Die landbouminister Calle Schlettwein sê net minder as 659 000 Namibiërs het tussen Oktober 2021 en Desember 2021 die gevaar van voedselonsekerheid geloop. Schlettwein sê die Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag oor voedselsekerheid en voeding toon dat om die teiken van geen honger teen 2030 te bereik, gesonde diëte teen laer koste gelewer moet word om by te […]

Read More

Britse media krap in Liz se slaai…

‘n Britse koerant het premier Liz Truss in ‘n wedloop teen ‘n kop blaarslaai gesit en lesers gevra of hulle dink die beleërde eerste minister sou haar werk verloor voordat die slaaikop verrot. Die poniekoerant Daily Star het ‘n foto van Truss langs ‘n slaaikop op sy Twitter-blad geplaas en gevra, ‘Watter nat blaarslaai sal langer hou?’ Dit het reaksie van ander media in die […]

Read More

DA loof pogings om grondbesetting te fnuik

Die DA in Gauteng loof die Tshwane-koalisieregering se optrede om die afgelope twee weke drie onwettige grondbesettings op eiendom in stadsbesit te fnuik. Die grondbesettings is na bewering deur die EFF in Ga-Rankuwa aangevuur. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Jacqui Uys, verwelkom hulle ook die inhegtenisneming van ‘n EFF-raadslid wat by grondbesetting betrokke was:

Read More

Metcalfe reageer op Vrydag se Ekandjo-vergadering

Reaksie word ontvang op berigte dat President Hage Geingob opdrag gegee het aan Swapo se sentrale komitee om Vrydag te vergader om die kwessie van Jerry Ekandjo se kandidaatskap by die party se verkiesings in November. Ekandjo het derde gekom vir die verkiesing van die party se vise-president, na Pohamba Shifeta en Frans Kapofi. Kapofi […]

Read More

Masomela moet optree teen skelm SAPD-lede

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen ‘n beroep op die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, om streng standpunt in te neem teen skelm polisiebeamptes. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat het in sy jaarverslag onthul hy ondersoek meer as 5 000 misdade wat polisielede in die 2021/2022-boekjaar gepleeg het. Dit sluit moord, poging tot moord en verkragting in. Die meeste gevalle is in […]

Read More