Drie deel Nobelprys vir Ekonomie

‘n Voormalige voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Ben Bernanke, en twee kollegas deel vanjaar se Nobelprys vir Ekonomie. Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe sê Bernanke, Douglas Diamond en Philip Dybvig word vereer vir hul navorsing oor bank- en finansiële krisisse. Die liggaam sê hulle het die begrip van die rol van banke in […]

Read More

Geskorste hooflanddros in hof weens korrupsie

Die geskorste hooflanddros van Pretoria, Desmond Nair, het vandag in die gespesialiseerde handelshof in die stad verskyn op ‘n aanklag van korrupsie. Nair, wat in 2013 die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se borgtogaansoek aangehoor het en later as waarnemende regter opgetree het, is in 2020 geskors, nadat sy beweerde verbintenis met wyle Gavin Watson, as […]

Read More

Hess vier 20ste bestaansjaar met talle hoogtepunte

Die Hoë Energie Stereoskopiese Stelsel, bekend as die Hess-teleskoop-stelsel vier op 18 Oktober sy 20ste bestaansjaar. Die Hess-teleskoop-stelsel is geleë op die plaas Gölschau by die Gamsberg wes van Windhoek en het al talle deurbrake gemaak. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat van die hoogtepunte in […]

Read More

SA bessiebedryf vra ingryping by Transnet-staking

Die Suid-Afrikaanse bessiebedryf vra ‘n dringende ingryping om die voortslepende staking by Transnet te beëindig. Die loongeskil gaan waarskynlik 30 000 werksgeleenthede en drie miljard Suid-Afrikaanse rand in inkomste laat verlore gaan. Volgens Berries ZA, is meer as een-derde van die plaaslike bessie-produsente nie tans winsgewend nie, wat beteken hulle oorlewing en voortbestaan verkeer onder […]

Read More

Rusland gaan nóg missiele op Oekraïne afvuur

Nóg missiele sal op Oekraïnse teikens afgevuur word, dreig Russiese President Vladimir Putin nadat tientalle missiele vroeër vandag reeds verwoesting in die land gesaai het. Putin sê lang-afstandmissiele sal militêre, kommersiële en kommunikasie- en kraginfastruktuur teiken in reaksie op die Oekraïnse aanval op die brug tussen die Krim-skiereiland en Rusland. Rusland het die aanval as […]

Read More

Springbok Vroue fokus nou op Fidji

Rugby: Die Springbok Vroue is na die teleurstellende begin van hulle Wêreldbeker-veldtog nou gereed om te fokus op hulle tweede teenstander, Fidji. Suid-Afrika het in hulle openingswedstryd 40-5 teen Frankryk verloor, maar die veelsydige voorspeler Catha Jacobs sê die telling was nie ‘n regverdige weerspieëling van wat op Edenpark gebeur het nie. Jacobs sê die […]

Read More

Kinderondersteuningstoelaag in Suid-Afrika verhoog

Die minister van maatskaplike ontwikkeling in die buurland, Lindiwe Zulu, sê die aanvullende kinder-ondersteuningstoelaag van 240 Suid-Afrikanse rand vir ‘n weeskind is nie ‘n nuwe toelaag nie. Die bykomende 240 rand wat bygevoeg word by die standaard-toelaag van 480 rand is moontlik gemaak deur ‘n beleid wat in 2015 deur die kabinet goedgekeur is. Zulu […]

Read More

Adjunk-premier fokus op situasie tussen Namibië en Botswana

Volgens die Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu is daar sedert verlede maand nie veel veiligheidsbedreigings langs Namibië se grense in die streek ervaar nie, hoewel veediefstal vanaf Namibië na Zambië toeneem. Die kwessie van onwettige visvang op die Lyambezi-meer neem ook toe, en Sampofu sê die streek se inwoners is die skuldiges wat buitelanders in diens neem […]

Read More

NWR bied reuse-afslag by oorde aan

Namibia Wildlife Resorts, NWR, het ‘n beloningsplan van stapel gestuur deur lae pryse vir verblyf aan plaaslike inwoners en dié in SAOG-lande aan te bied. Namibiërs kan nou na van Namibië se beste oorde reis teen ‘n fooi van so laag as 660 Namibiese dollar per persoon op aanbieding van ‘n Namleisure-afslagkaart, insluitend aandete en […]

Read More

Suid-Afrika verhoog maatskaplike noodhulptoelae 

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê die departement ervaar steeds uitdagings rondom die lae gebruikmaking van die Covid- maatskaplike noodhulptoelae van 350 Suid-Afrikaanse rand, teen minder as 50 persent van die begrote bedrag. Zulu het vandag in Pretoria die jongste inligting gegee oor die kinder-ondersteuningstoelaag en die 350 rand-toelaag. Zulu sê die […]

Read More