NWR was sy hande oor Etosha se swak paaie

Toeriste en gidse in die bedryf kla oor die stand van Etosha se paaie. Op sosiale media netwerke sê sommige dat hulle daadwerklike skade aan bande en uitlaatstelsels opgedoen het. Die woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, Nelson Ashipala was sy hande van die kwessie en sê die beheer van die nasionale park se paaie berus by die omgewingsministerie.