Proteas reg vir Aussie-toets in Gabba

Krieket: Die Proteas begin hulle reeks van drie toetse teen Australië Saterdag op die Gabba. Dit is ʼn stryd tussen die boonste twee spanne op die puntetabel van die Wêreld-toetskampioenskap. Suid-Afrika se vierdaagse opwarmingswedstryd teen ʼn elftal van Krieket Australië het onbeslis geëindig in dieselfde stad, Brisbane, maar die tussentydse hoofafrigter, Malibongwe Maketa, is tevrede […]

Read More

Saftu: Prasa se einde beteken einde van werkersklas

Die vakbondfederasie, Saftu, sê die vernietiging van die Passasierspoor-agentskap van Suid-Afrika sal die lewenstandaarde van die werkersklas verlaag. Volgens die federasie word 80 persent van werkers wat vroeër op treine staatgemaak het nou gedwing om van onveilige, onbetroubare en duurder vervoer in privaat besit gebruik te maak. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, beweer die […]

Read More

Pasasiersvoertuig-verkope oorskry dié van kommersiële voertuie

Voertuigverkope in Namibië het in November die afname van twee opeenvolgende maande gebreek en met 38,4 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Voertuigverkope het in November op ‘n maandelikse basis met 4,9 persent gestyg, vergeleke met ‘n inkrimping van 2,2 persent in Oktober 2022. Altesaam 1 045 voertuie is in November 2022 verkoop, meer as die […]

Read More

‘n Gesteelde bees nie ‘n goeie trougeskenk 

Die polisie in die Oshana-streek het bruilofgaste gewaarsku om nie gesteelde beeste as trougeskenk te gee nie. Nampol sê dat enigiemand wat aan sulke optrede skuldig bevind word, vervolging in die gesig staar. Dit volg nadat ‘n os met ‘n oorplaatjie en nog een sonder ‘n oorplaatjie uit ‘n kraal in die Oshana-streek gesteel is. […]

Read More

SA verbruikersprysinflasie daal in November

Die jaarlikse verbruikersprysinflasie in die buurland het in November effens gedaal tot 7,4 persent, vanaf 7,6 persent in Oktober. Statistiek SA het aangekondig dat broccoli, blomkool en bevrore aartappelskyfies die grootste prysstygings aangeteken het tussen Oktober en November. Data toon die afgelope jaar het die prys van diesel met 46,8 persent gestyg. Uie is 43,3 […]

Read More

DA vra hulp vir Noord-Kaapse boere

Die DA in die Noord-Kaap het die Kamiesberg-munisipaliteit en die Namaqua-distriksmunisipaliteit versoek om ‘n groep kleinboere in die omgewing van Spoegrivier by te staan. Boere in die omgewing doen baie moeite om water in te samel om hul oeste en vee aan die lewe te hou. ʼn Woordvoerder van die DA, Esmé Hough sê tydens […]

Read More

Stad Windhoek: Krematorium sal binnekort in werking wees

Stad Windhoek het bevestig dat die krematorium tans net groot instandhoudingswerk ondergaan, soos elke vier maande. Geen verassings sal tydens die onderhoudstydperk by die krematorium kan plaasvind nie. Stad Windhoek sê sy tegnici is druk besig om die krematorium te diens. Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye, sê aan Kosmos 94.1 die krematorium sal weer […]

Read More

Bernhardt Esau getuig hy het probleme op sy plaas

Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau getuig tans voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof in sy borgtogaansoek. Medebeskuldigde Nigel van Wyk doen ook vandag aansoek vir borgtog. Esau het getuig dat hy probleme op sy plaas ondervind en die inkomste van sy plaas drasties geval het.

Read More

Amushelelo sê Swapo maak leë beloftes

Die stigter van die Black People Economic Emancipation Association,  Michael Amushelelo, vra hoe Swapo vir Air Namibia wil laat herleef as hulle die lugredery laat ondergaan het. Hy sê Namibiërs wag ook na 32 jaar vir die lewering van massabehuising sowel as die 100 000 plus werksgeleenthede wat veronderstel was om geskep te word. Amushelelo […]

Read More

VSA onderneming help gemenganiseerde plaas in Nigerië stig

Die Iya nie-organiese voedselonderneming help die Ogun-staatsregering in Nigerië om die landbousektor te herposisioneer deur ‘n gemeganiseerde kassava-plaas te vestig. Die voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde onderneming, Edward Ajayi, sê ‘n groot stuk grond is beskikbaar vir hoëvlak-gemeganiseerde boerdery wat die hoogste gehalte kassawa sal verbou. Hy sê die projek sal werk verskaf, interne gegenereerde inkomste […]

Read More