‘n Gesteelde bees nie ‘n goeie trougeskenk 

Die polisie in die Oshana-streek het bruilofgaste gewaarsku om nie gesteelde beeste as trougeskenk te gee nie. Nampol sê dat enigiemand wat aan sulke optrede skuldig bevind word, vervolging in die gesig staar. Dit volg nadat ‘n os met ‘n oorplaatjie en nog een sonder ‘n oorplaatjie uit ‘n kraal in die Oshana-streek gesteel is. Dit is later ontdek dat die beeste gesteel en as trougeskenk gegee is. Die Oshana-polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dokumente benodig word om beeste te verkoop.