Proteas reg vir Aussie-toets in Gabba

Krieket: Die Proteas begin hulle reeks van drie toetse teen Australië Saterdag op die Gabba. Dit is ʼn stryd tussen die boonste twee spanne op die puntetabel van die Wêreld-toetskampioenskap. Suid-Afrika se vierdaagse opwarmingswedstryd teen ʼn elftal van Krieket Australië het onbeslis geëindig in dieselfde stad, Brisbane, maar die tussentydse hoofafrigter, Malibongwe Maketa, is tevrede met hulle voorbereiding.