Amushelelo sê Swapo maak leë beloftes

Die stigter van die Black People Economic Emancipation Association,  Michael Amushelelo, vra hoe Swapo vir Air Namibia wil laat herleef as hulle die lugredery laat ondergaan het. Hy sê Namibiërs wag ook na 32 jaar vir die lewering van massabehuising sowel as die 100 000 plus werksgeleenthede wat veronderstel was om geskep te word. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Swapo net altyd leë verkiesingsbeloftes maak.

Hy sê nou word beloftes oor groenwaterstof gemaak, maar Swapo se idees het opgeraak.