Saftu: Prasa se einde beteken einde van werkersklas

Die vakbondfederasie, Saftu, sê die vernietiging van die Passasierspoor-agentskap van Suid-Afrika sal die lewenstandaarde van die werkersklas verlaag. Volgens die federasie word 80 persent van werkers wat vroeër op treine staatgemaak het nou gedwing om van onveilige, onbetroubare en duurder vervoer in privaat besit gebruik te maak. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, beweer die regering laat doelbewus toe dat kritieke infrastruktuur vernietig word, sodat nuwe tenders uitgereik kan word wat hulle korrupsie-netwerke bevoordeel.