SA verbruikersprysinflasie daal in November

Die jaarlikse verbruikersprysinflasie in die buurland het in November effens gedaal tot 7,4 persent, vanaf 7,6 persent in Oktober. Statistiek SA het aangekondig dat broccoli, blomkool en bevrore aartappelskyfies die grootste prysstygings aangeteken het tussen Oktober en November. Data toon die afgelope jaar het die prys van diesel met 46,8 persent gestyg. Uie is 43,3 persent duurder. Die prys van wasgoedseep het met meer as 38 persent gestyg en die prys van koekmeelblom- en sonneblomolie is 30 persent meer.