Werksverliese onder SA huishulpe styg

Statistieke SA se jongste syfers toon dat daar ‘n drastiese toename was in die hoeveelheid huishulpe wat die afgelope jaar hul werke verloor het. Dit blyk dat die ekonomiese druk nou baie middelklas huishoudings direk begin raak, wat daartoe gelei het dat baie van die huishoudings hul huiswerkers moes afdank. Tienduisende huishulpe het volgens dié […]

Read More

Beurtkrag sal in die kollig wees by ANC-verkiesingskonferensie

Die Black Business Council het by die ANC se verkiesingskonferensie gepleit om beurtkrag beslissend te hanteer om die ekonomie en werksgeleenthede te red. Die land is tans op fase 5-beurtkrag, wat die ekonomie ongeveer drie tot vier miljard Suid-Afrikaanse rand per dag kos. Die politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê die ANC moet nie politiek betrek […]

Read More

Weerkenner voorspel positiewe reënseisoen vir Namibië, terwyl dit sous in Windhoek

Dit sous tans in die hoofstad, met berigte dat ‘n winkelsentrum oorstroom. Dit is maar net die begin van ‘n goeie reënseisoen wat vir Namibië voorspel word. Só sê meteoroloog, professor Willem Landman, wat verbonde aan die Universiteit Pretoria is. Hy sê die voorspelling vir Namibië is baie optimisties, weens die La Nina-verskynsel. Professor Landman […]

Read More

Vertroue in SA landbousektor neem af

Die vertroue in Suid-Afrika se landbousektor het afgeneem, ten spyte van ‘n positiewe bydrae in die derde kwartaal van 19,2 persent tot die bruto binnelandse produk. Die uitvoerende hoof van die voorsieningsketting van die Beefmaster-groep, Roelie van Reenen, sê die swakker Suid-Afrikaanse rand en die hoë mielieprys het tot die boere se voorspoed bygedra. Van […]

Read More

Ramaphosa skors regterpresident John Hlope van sy pligte

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, is van sy pligte geskors hangende ‘n besluit van die Nasionale Vergadering. Die Presidensie het in ‘n verklaring bevestig die besluit is gebaseer op ‘n aanbeveling van die Regterlike Dienskommissie in Julie. Die skorsing, wat onmiddellik van krag is, is op voorwaarde dat Hlophe alle gedeeltelik aangehoorde sake en uitsprake […]

Read More

Nieu-Seeland keer streng tabakwette goed

Sommige Nieu-Seelanders sal binnekort nie meer tabakprodukte mag koop nie as deel van streng wetgewing wat in die parlement goedgekeur is. Die nuwe wette verbied die verkoop van tabakprodukte aan mense wat op of ná 1 Januarie 2009 gebore is. Skuldiges kan ‘n boete van meer 95 000 Nieu-Seelandse dollar opgelê word. Die verbod geld […]

Read More

Swakopmund open Vrydag sy braaigeriewe by Noordstrand

Die Swakopmund-munisipaliteit sal Vrydag sy Noordstrand-braaigeriewe amptelik open wat ‘n veilige ontspannings-area vir almal sal bied. Die munisipaliteit nooi inwoners en besoekers uit na die amptelike opening wat om tien-uur die oggend sal plaasvind. Skakelbeampte Linda Mupupa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Opgegradeerde kanaalprojek in Noorde geopen

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het vandag die opgegradeerde Omahenene-Olushandja-kanaal in die Omusati-streek ingehuldig. Hy sê die meerderheid van Namibiërs in die vier noordelike streke van Omusati, Oshana, Ohangwena en Oshikoto word deur hierdie kanaal vanaf die Kunenerivier by die Calueque-dam in Suid-Angola van vars water voorsien. Die kanaal van 150 kilometer lank, is ‘n […]

Read More

Makwana sal dalk as Eskom-hoof waarneem

Die vakbond, Solidariteit het bevestig dat André de Ruyter as die uitvoerende hoof van Eskom bedank het. Dit kom op ʼn tydstip dat Suid-Afrika die ergste beurtkrag ervaar. De Ruyter was in die onlangse verlede die teiken van verskeie politieke aanvalle. Volgens Solidariteit het De Ruyter die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana vroeër vandeesweek oor […]

Read More

Namibië voer 47,8% van krag in Oktober van Zambië in 

Sommige lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staar kragprobleme in die gesig, omdat hul interne kragopwekkingvermoëns nie aan die plaaslike vraag voldoen nie. Gevolglik sal hulle meeding om oortollige krag in die streek te bekom omdat sommige buurlande met kragopwekking sukkel. Zimbabwe het by Suid-Afrika aangesluit om elektrisiteit deur beurtkrag te rantsoeneer. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap […]

Read More