DA vra hulp vir Noord-Kaapse boere

Die DA in die Noord-Kaap het die Kamiesberg-munisipaliteit en die Namaqua-distriksmunisipaliteit versoek om ‘n groep kleinboere in die omgewing van Spoegrivier by te staan. Boere in die omgewing doen baie moeite om water in te samel om hul oeste en vee aan die lewe te hou. ʼn Woordvoerder van die DA, Esmé Hough sê tydens ‘n onlangse oorsig-inspeksie aan die boere se groentetuine het hulle ‘n stuk droë grond met aangeplante soet spanspek, waatlemoen en pampoene gevind.