Bernhardt Esau getuig hy het probleme op sy plaas

Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau getuig tans voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof in sy borgtogaansoek. Medebeskuldigde Nigel van Wyk doen ook vandag aansoek vir borgtog. Esau het getuig dat hy probleme op sy plaas ondervind en die inkomste van sy plaas drasties geval het.