AfriForum begin met regstappe teen Transnet 

AfriForum het met regstappe teen Transnet begin om die deursigtigheid van kontrakte te verseker. Die burgerregte-organisasie het vandag ‘n versoek ingedien tot die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die aansoek vereis inligting oor alle aktiewe kontrakte, sowel as die aantal diefstal-klagtes. Transnet is in die ouditeur-generaal se 2020/2021-verslag genoem weens 31,1 miljard […]

Read More

Immigrante kan voordeel trek uit hoër uurlone in VK

JP Breytenbach direkteur van Breytenbachs International in Londen, het inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor die verhoging van diei uurlikse tarief in Brittanje wat ook Namibiese en Suid-Afrikaanse immigrante in die land sal bevoordeel. Hy sê verder hierdie ontwikkeling word gedoen om die Britse ekonomie te stimuleer en dit sal voordelig wees vir die […]

Read More

Engelse rugbyspan dank Eddie Jones af

Die Engelse rugbyspan het Eddie Jones as sy afrigter afgedank. Die Engelse Rugby-unie het vanmiddag ‘n verklaring uitgereik waarin gesê word dat Jones se afdanking volg op ‘n hersiening van die span se vertonings in November. Engeland, wat vroeër vanjaar ook ‘n teleurstellende Sesnasies-reeks beleef het, het in November teen Argentinië en die Springbokke verloor […]

Read More

Eskom stel weer Fase 3-beurtkrag in

Eskom het aangekondig dat Fase 3-beurtkrag weer vanmiddag en môre vanaf vier-uur tot vyf-uur ingestel is. Fase 2-beurtkrag sal dan vanaf môreoggend om vyf-uur tot vier-uur die middag ingestel word tot verdere kennisgewing. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê in ‘n verklaring ‘n vertraging met die herstel van opwekkingseenhede dra by tot die beperkte vermoë.

Read More

Numsa verwelkom Arbeidsappèlhof se beslissing

Die metaalwerkersvakbond verwelkom die Arbeidsappèlhof se beslissing oor die publisering van die Metaal en Ingenieursbedryf-bedingingsraad se hoofooreenkoms aan nie-deelnemende partye. Die hof het ‘n aansoek van die Nasionale Werkgewers-vereniging van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Ingenieurs- en Stigtersvereniging om regstreekse toegang tot appèl teen die beslissing van die Arbeidshof van die hand gewys. Numsa se woordvoerder, […]

Read More

Hulp nodig by Gamsberg-brand

Die veldbrand woed nog steeds by die Gamsberg in die Khomas-Hochland wes van Windhoek. Mense het laasnag voorbrande aan die voet van die Gamsberg gemaak om die brand te probeer stuit. Vandag brand dit nog aan die westekant van die berg en die vlamme strek oor sowat 10 kilometer. Die plaas Corona is tans in […]

Read More

SA ekonomie groei met 1,6% in derde kwartaal

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die derde kwartaal van hierdie jaar met 1,6 persent gegroei. Die grootte van die ekonomie was in hierdie kwartaal groter as voor die Covid-pandemie. Dit is goeie nuus aangesien die bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal met 0,7 persent gekrimp het. Agt nywerhede het ‘n toename in ekonomiese bedrywighede […]

Read More

Tanzanië wil rysproduksie verhoog

Volgens die Tanzaniese regering is hy gretig om die produksie van rys in gebiede met hoë opbrengspotensiaal te verhoog, om te voldoen aan die groeiende eise van die binnelandse en streeksmark. Op ‘n werksessie van die streek, wat deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie in Dar es Salaam aangebied is, het die woordvoerder van […]

Read More

Proteas skop hul Aussie-toer Vrydag ag

Krieket: Die Proteas skop hulle toer in Australië af met ʼn vierdaagse opwarmingswedstryd Vrydag in Brisbane teen ʼn elftal van Krieket Australië. Suid-Afrika en Australië kom oor die feestyd in ‘n reeks van drie toetse teen mekaar te staan met die eerste toets op die Gabba vanaf 17 Desember. Malibongwe Maketa is die Proteas se […]

Read More

Wêreldbank en Wes-Kaap werk saam

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die Wêreldbank se direkteur vir Suid-Afrika, Marie Francoise Marie-Nelly, het ‘n ooreenkoms van verstandhouding onderteken wat die bank se tegniese bystand vir die provinsie beskikbaar sal stel. Die doel is om die gehalte van dienste te verhoog, asook die ervaring van inwoners wanneer hulle met die provinsiale regering skakel. […]

Read More