Stad Windhoek: Krematorium sal binnekort in werking wees

Stad Windhoek het bevestig dat die krematorium tans net groot instandhoudingswerk ondergaan, soos elke vier maande. Geen verassings sal tydens die onderhoudstydperk by die krematorium kan plaasvind nie. Stad Windhoek sê sy tegnici is druk besig om die krematorium te diens. Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye, sê aan Kosmos 94.1 die krematorium sal weer binne ‘n week of so in werking wees.