VSA onderneming help gemenganiseerde plaas in Nigerië stig

Die Iya nie-organiese voedselonderneming help die Ogun-staatsregering in Nigerië om die landbousektor te herposisioneer deur ‘n gemeganiseerde kassava-plaas te vestig. Die voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde onderneming, Edward Ajayi, sê ‘n groot stuk grond is beskikbaar vir hoëvlak-gemeganiseerde boerdery wat die hoogste gehalte kassawa sal verbou. Hy sê die projek sal werk verskaf, interne gegenereerde inkomste verhoog en die uitvoer-potensiaal na Noord-Amerika en Europa ‘n hupstoot gee.