Pasasiersvoertuig-verkope oorskry dié van kommersiële voertuie

Voertuigverkope in Namibië het in November die afname van twee opeenvolgende maande gebreek en met 38,4 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Voertuigverkope het in November op ‘n maandelikse basis met 4,9 persent gestyg, vergeleke met ‘n inkrimping van 2,2 persent in Oktober 2022. Altesaam 1 045 voertuie is in November 2022 verkoop, meer as die langtermyn-gemiddelde van 840 voertuie. In November was dit die eerste keer sedert Julie dat passasiersvoertuie se verkope, altesaam 531 voertuie, die verkope van kommersiële voertuie oorskry het.