Krieket: Dewald Brevis lei MI Kaapstad na oorwinning  

Krieket: Dewald Brevis het die kalklig gesteel toe MI Kaapstad die Paarl Royals op ʼn volgepakte Nuweland gemaklik met agt paaltjies verslaan het in die SA20 se openingswedstryd. Paarl is beperk tot 142 vir sewe met Jos Buttler se 51 die hoogste telling, terwyl Jofra Archer drie paaltjies geneem het. Cape Town het die teiken […]

Read More

Komm. Sakaria sê wat van gesmokkelde brandstof word

Altesaam 6 569 liter brandstof wat vanaf Angola gesmokkel is, is tussen Oktober en Desember 2022 deur die Namibiese polisie langs die grens gekonfiskeer. Daar is bewerings dat wetstoepassers Angolese brandstof gebruik waarop beslag gelê is om polisie-voertuie vol te maak. Kosmos 94.1 Nuus het aan die streeksbevelvoerder van die Oshana-streek, kommissaris Naftal Sakaria, gevra […]

Read More

Regsfirma stel groepsgeding in oor Boksburg-ontploffing

Die Johannesburgse regsfirma RH Lawyers Incorporated sê hy gaan ‘n groepsgeding instel teen verskeie rolspelers wat moontlik aanspreeklik is vir die tenkwa-ontploffing in Boksburg. Dit volg nadat minstens 20 mense wat geraak is, hom opdrag gegee het om so ‘n saak te begin. Dit sluit mense in wat in die ontploffing beseer is. Van die […]

Read More

Stad Tshwane se dwelm-eenheid keer smouse vas

Die Stad Tshwane sê volgehoue werk deur die dwelm-eenheid van die metropolisie het ʼn blywende uitwerking op dwelmverspreidings-netwerke. Dit volg nadat twee Nigeriese burgers in Booysens aangekeer is vir die besit en handel in dwelms ter waarde van 95 000 Suid-Afrikaanse rand. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman sê die burgemeester, Randall Williams doen […]

Read More

Brasilië neem hoëlui in hegtenis

Die hoogste hof in Brasilië het opdrag gegee dat die hoof van openbare veiligheid in die hoofstad en ander senior staatsamptenare in hegtenis geneem moet word in verband met die bestorming van regeringsgeboue Sondag. Anderson Torres was minister van justisie in die regering van die voormalige regsgesinde President, Jair Bolsonaro, voordat hy oorgeneem het as […]

Read More

Windhoek Stadspolisie hou padgebruikers dop

Die Windhoekse Stadspolisie sê dit sal padgebruikers wat deur rooi verkeersligte ry, straf. Om deur rooi verkeersligte te ry is uiters gevaarlik en kan tot ongelukke en sterftes lei. Met behulp van kringtelevisie-kameras sal die Windhoekse Stadspolisie enigiemand wat oortree, kan monitor en toepaslike stappe doen. Stad Windhoek-polisiehoof, Abraham Kanime sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Brandstofsmokkelary in Noorde gedy

Ondanks die verlaging van brandstofpryse in Namibië, het die smokkel van onwettige brandstof in die Noorde egter skerp toegeneem. Vulstasie-eienaars is gefrustreerd en kwaad oor die gebrek aan beheer by die grens tussen Namibië en Angola. Brandstof-smokkelary vanaf Angola na Namibië is ‘n groot kopseer vir vulstasie-eienaars in die Noorde. William Shilamba, bestuurder by die […]

Read More

Craft Bistro skors hul stakende werkers

Craft Bistro in die Craft Centre in die Windhoekse middestad het al hul werknemers met volle betaling geskors nadat hulle gestaak het. Die ontevrede werkers het hul werkgewer daarvan beskuldig dat hy nie betyds hul salarisse betaal het nie. ‘n Dissiplinêre proses word nou verwag. Craft Bistro het ook ‘n klag aanhangig gemaak teen die […]

Read More

SA se kabinetskommeling moet boodskap teen korrupsie wees  

Die politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê President Cyril Ramaphosa se boodskap in Suid-Afrika moet baie duidelik wees oor wie hy in die kabinet aanstel. Die President gaan volgens berigte  aan die einde van die maand ‘n kabinetskommeling doen. Mathekga sê Ramaphosa moet ’n doelgerigte kabinet aanstel wat uitdagings soos die voortslepende elektrisiteits-krisis duidelik aanspreek.  Hy […]

Read More

Atletiek: Quinton-Steele Botes-oefenkamp ‘n reuse-sukses

Atletiek: Die 30ste jaarlikse Marathon Sugar Quinton-Steele Botes-oefenkamp wat tans aan die gang is by Affiespark by die Wanderers-sportklub in die hoofstad, word as uiters suksesvol beskryf. Die oefenkamp wat Maandag begin het en môre eindig, het meer as 280 atlete en 50 afrigters gelok. Uitstekende afrigters van so ver as Nederland en Suid-Afrika help […]

Read More