Proteas skop hul Aussie-toer Vrydag ag

Krieket: Die Proteas skop hulle toer in Australië af met ʼn vierdaagse opwarmingswedstryd Vrydag in Brisbane teen ʼn elftal van Krieket Australië. Suid-Afrika en Australië kom oor die feestyd in ‘n reeks van drie toetse teen mekaar te staan met die eerste toets op die Gabba vanaf 17 Desember. Malibongwe Maketa is die Proteas se tussentydse afrigter vir hierdie toer.