Numsa verwelkom Arbeidsappèlhof se beslissing

Die metaalwerkersvakbond verwelkom die Arbeidsappèlhof se beslissing oor die publisering van die Metaal en Ingenieursbedryf-bedingingsraad se hoofooreenkoms aan nie-deelnemende partye. Die hof het ‘n aansoek van die Nasionale Werkgewers-vereniging van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Ingenieurs- en Stigtersvereniging om regstreekse toegang tot appèl teen die beslissing van die Arbeidshof van die hand gewys. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola sê minstens 400 000 werkers in die metaal- en ingenieurswese sal baat vind by verhogings as gevolg hiervan.