Hulp nodig by Gamsberg-brand

Die veldbrand woed nog steeds by die Gamsberg in die Khomas-Hochland wes van Windhoek. Mense het laasnag voorbrande aan die voet van die Gamsberg gemaak om die brand te probeer stuit. Vandag brand dit nog aan die westekant van die berg en die vlamme strek oor sowat 10 kilometer. Die plaas Corona is tans in gedrang en hulp word dringend benodig. Janus Joubert van Corona praat met Kosmos 94.1 Nuus.