Opgegradeerde kanaalprojek in Noorde geopen

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het vandag die opgegradeerde Omahenene-Olushandja-kanaal in die Omusati-streek ingehuldig. Hy sê die meerderheid van Namibiërs in die vier noordelike streke van Omusati, Oshana, Ohangwena en Oshikoto word deur hierdie kanaal vanaf die Kunenerivier by die Calueque-dam in Suid-Angola van vars water voorsien. Die kanaal van 150 kilometer lank, is ‘n […]

Read More

Makwana sal dalk as Eskom-hoof waarneem

Die vakbond, Solidariteit het bevestig dat André de Ruyter as die uitvoerende hoof van Eskom bedank het. Dit kom op ʼn tydstip dat Suid-Afrika die ergste beurtkrag ervaar. De Ruyter was in die onlangse verlede die teiken van verskeie politieke aanvalle. Volgens Solidariteit het De Ruyter die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana vroeër vandeesweek oor […]

Read More

Namibië voer 47,8% van krag in Oktober van Zambië in 

Sommige lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staar kragprobleme in die gesig, omdat hul interne kragopwekkingvermoëns nie aan die plaaslike vraag voldoen nie. Gevolglik sal hulle meeding om oortollige krag in die streek te bekom omdat sommige buurlande met kragopwekking sukkel. Zimbabwe het by Suid-Afrika aangesluit om elektrisiteit deur beurtkrag te rantsoeneer. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap […]

Read More

Lionel Messie speel Sondag sy laaste wedstryd

Sokker: Lionel Messi het bevestig hy speel Sondag in sy laaste Wêreldbeker-wedstryd wanneer Argentinië teen Frankryk of Marokko te staan kom. Die 35-jarige voorspeler het Dinsdagaand sy vyfde doel by Katar 2022 aangeteken en was deel van die beweging met die ander twee doele in gisteraand se oorwinning van drie-nul oor Kroasië in die halfeindronde. […]

Read More

Vertroue in SA landbousektor neem af

Die vertroue in Suid-Afrika se landbousektor het afgeneem, ten spyte van ‘n positiewe bydrae in die derde kwartaal van 19,2 persent tot die bruto binnelandse produk. Die uitvoerende hoof van die voorsieningsketting van die Beefmaster-groep, Roelie van Reenen, sê die swakker Suid-Afrikaanse rand en die hoë mielieprys het tot die boere se voorspoed bygedra. Van […]

Read More

NTB wil aanlyn besprekingswebwerwe

Die Namibiese Toerismeraad, die NTB, wil hê aanlyn besprekings-webwerwe soos Airbnb en Booking.com moet geblokkeer word, omdat hulle ongereguleerd en onbelas is. Digu //Naobeb, uitvoerende hoof van die NTB, sê die direksie het probeer om met hierdie webtuistes in aanraking te kom, maar dit was tevergeefs. Hy voeg by die webtuistes maak geld, terwyl Namibië […]

Read More

Nkosazana Dlamini-Zuma sê sy bly lojaal aan ANC

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê vryheid van spraak het haar toegelaat om haar standpunt in te neem oor die Artikel 89-verslag. Parlementslede het Dinsdag gestem oor die vraag of President Cyril Ramaphosa verder ondersoek moet word oor Phala Phala. ‘n Meerderheid het teen die komitee se aanbeveling gestem […]

Read More

Elon Musk as rykste man onttroon

Elon Musk wat eens 340 miljard Amerikaanse dollar werd was, is deur die Franse magnaat Bernard Arnault as die rykste persoon in die wêreld onttroon. Volgens Bloomberg se biljoenêrs-indeks het Musk se fortuin sedert Januarie met meer as 100 miljard dollar getuimel na minder 163,6 miljard dollar. Dit is minder as Arnault se netto waarde […]

Read More

Tuks skitter in radiosterrekunde-navorsing

Die Universiteit van Pretoria sê sy wetenskaplikes wat betrokke is by die SKA-radio-teleskoopprojek is gereed vir ‘n reuse-hupstoot in hulle navorsingspogings. Dit is die gevolg van hoogs moderne tegnologie wat tydens ‘n nuwe wêreldveldtog in radiosterrekunde ontwikkel is. Die doel is om die wêreld se voorste navorsingsinfrastruktuur in radiosterrekunde te bevorder en sal in Maart […]

Read More

Spoedige ondersoek oor massamoord versoek

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, het ‘n beroep gedoen op die spoedige ondersoeke oor die massamoord op drie mense in Nooitgedacht, Bishop Lavis vandag. Allen sê die polisie moet nog die motief vir die moorde op twee vroue, van 46- en 54-jaar oud, sowel as ‘n 13-jarige seun bepaal.

Read More